Eastern Cape, BURGERSDORP, Urban area / Eastern Cape, BURGERSDORP, Old cemetery / (1 of 6 images)
Begraafplaas inligting:- Hierdie begraafplaas is baie histories. Dit lê aan die rand van die dorp, aan die voet van die berg. Die pad na die begraafplaas gaan deur 'n parkie, langs die rugbyveld verby. Tussen die rugbyveld en die begraafplaas gaan die pad deur, wat na die berg toe gaan. Ons het altyd daar met 'n kar gery tot op die helfte van die berg en dan verder geloop. Dit was die roete van die 1838 kakebeenwa, van die Voortrekkers. Die begraafplaas is baie verwaarloos. Die dennebome is groot en daar lê baie dik lae gedroogde dennenaalde op die grafte. Daar is ook baie skaduwees, wat soms nie duidelike foto's gee nie. Daar is ook baie gate en grafte wat ingeval is. Die gras is lank en die bye het ons behoorlik geklits. PROF. Dirk POSTMA - stigter van die Gereformeerde Kerk en die Teologiese skool se graf is daar asook van die ander POSTMA predikante. Daar is ook heelwat Engelse grafte en ook van onbekende soldate van die Britse Magte. Ons het die grootste gedeelte van hierdie begraafplaas afgeneem. Slegs die gedeelte aan die einde, waar die spruitjie loop, het ons nie gedoen nie. Die tyd was ook nie aan ons kant nie, en ons moes vir dit om die spruitjie gaan. Die grafte is ook baie verwaarloos. Chris en Annatjie Erasmus eGGSA captions done by Annatjie Erasmus, Sunelia Heath, Terry Terblanche, Wilna Eygelaar, Magda Alberts, Sue van der Berg, Riana le Roux, Annel Meyer, Lisa Botes, James Anderson The GGSA Cemetery CD only has information on the location of the cemetery:- Cemetery ID: 2782 Information submitted by: Annatjie Erasmus Google Earth Project Information:- GPSID: 3346 GPS: -30 59.800, 26 20.029
1. Burgersdorp Cemetery
Burgersdorp Begraafplaas Geskiedenis: Die ou Burgersdorp Begraafplaas is 'n besonder geskiedkundige plek. 'n Pragtige grafsteen wat die graf van Professor Dirk POSTMA aandui, is langs die grafsteen van die rebel Piet KLOPPER, asook die gesneuweldes tydens die Anglo-Boereoorlog. Heelwat Britse soldate se grafte hier te vinde, asook die wat tydens die treinongeluk op Dreunberg dood is. Grafte van inwoners wat gedurende die Spaanse Griep-epidemie dood is dui op die donkere tyd aan in die bestaan van die dorp. Cemetry This old Cemetry is a particularly historic one. The attractive tombstone on the grave of Professor Dirk POSTMA can be found next to the thombstone of the rebel Piet KLOPPER, as well as the graves of those killed in the Anglo-Boere War. There are graves of British soldiers killed during the same war as well as those killed in the train accident at Dreunberg. Graves of those inhabitants who died during the Spanish Flu epidemic represent a dark period in the history of the town. Amangcwaba Lamangcwaba madala asisikhumbuzo. Ilitye elinomtsalane Dirk POSTMA liyafumaneke ecaleni kwelitye lengcwaba lomqhanqalazi lengwaba likaNingalwaza uPiet KLOPPERS kunye namangcwaba abanye abantu abaabulawa ngexesha lemfazwe i-anglo-Boere War. Kukho namanye amangcwaba amanamaninz amajoni aseBrtiane awabulawa ngeloxesha lemfazwe kunue nabanye ababhubha kwingozi kalolwe eDreunberg. Amagcwaba abahlali ababhubha ngesibetho seflu (Spanish Flu) amele iwesha lobumnyama kwimbali zale dolophu.
contributed by: Annatjie Erasmus
viewed 1726 times