MURRAY S.

ds Samuel MURRAY 1913-2005 Samuel Murray is op 21 Julie 1913 te Loxton in die Groot-Karoo gebore, hy staan as Sam bekend. Sy voorvader John Murray (1785) kom in 1807 uit Skotland in Kaapstad aan. Ds. Sam Murray word op 17 Januarie 1942 met handoplegging in die NG Gemeente Paterson ontvang en bevestig, ‘n pragtige dorpie noordoos van Port-Elizabeth. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 1944 is hy sewe maande lank veldprediker in Egipte. Op 18 Januarie 1947 word hy leraar van die NG Gemeente Maraisburg (Hofmeyr); waar hy drie jaar lank werk. Op 26 Junie 1950 word hy leraar van die NG Gemeente Leonard in die toe genoem Duitswes-Afrika, ‘n besondere agt jaar in die lewe van die gesin.
contributed by: Christopher Fitchet
viewed 40 times
MURRAY S.