VILLEBOIS MAREUIL, de -1900
Die wit steen regs is die van "Generaal Georges de Villebois-Mareuil" wat gesneuwel het op die plaas Tweefontein, Boshof dist.op 5 April 1900 teen die Engelse gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is herbegrawe met volle militêre eerbewys by die monument op Magersfontein op 14 Aug 1971. Hy is gebore 22 Maart 1847, Frankryk.
Die swart steen is die ses manskappe (nie almal Franse) wat saam met hom gesneuwel het. Hulle was direk onder sy bevel.
De Beer D.L.
De Jong N. (Nicolaas de Jong volgens J.H.Breytenbach se Geskiedenis vd 2de Vryheidsoorlog.)
Kluchnist N.J.
Knoote C.J.
Le Gilles A.
ROBIQUET
Inligting ontvang van Peet Schabort