TOIT J.N., du 1912-1933

Addisionele inligting ontvang:- neef van BC Labuschagne Nicolaas du Toit se moeder was Susara Johanna Gesina Labuschagne * 20-10-1879 (Ɨ 28-11-1918), die jongste suster van CJ Labuschagne graf 12. Sy was getroud met ene Jacobus Labuschagne wat kort na hul huwelik gesneuwel het in die Boere Oorlog (September 1901). Hulle seuntjie is op 14-6-1902 gebore en al in Desember oorlede. Toe is Susara getroud met Louis Cornelius du Toit * 15-6-1880 (Ɨ 27-11-1918). Hulle is ’n dag na mekaar oorlede aan die Spaanse Griep. Hulle het vyf kinders gehad, wat na die dood van hulle ouers deur CJ en MSD Labuschagne (grafte 12 en 13) in huis geneem en opgevoed het: Anna Elizabeth * 9-10-1904; Martha Susanna Cathrina * 28-12-1905; Susara Johanna Gesina *16-8-1908; Johannes Nicolaas * 30-10-1912 ( Ɨ 20-6-1933); en Frederik Jacobus * 27-4-1914 (Ɨ 28-1-1976). Nicolaas en Frederik (Frik) het na die dood van CJ Labuschagne graf 12 (Julie 1932) as plaashulpe by BC Labuschagne graf 18 gewerk. Nicolaas het dubbele longontsteking gekry en is na ‘n paar dae oorlede. Frik het nog ’n paar jaar as plaashulp gewerk, maar is rondom 1937 getroud met ’n meisie Eksteen en het weggetrek. (Inligting verskaf deur Prof CJ Labuschagne, seun van BC Labuschagne graf 18, in Maart 2011.)
contributed by: Lucas Stoop
viewed 327 times
TOIT J.N., du 1912-1933

Camera Maker:Panasonic
Camera Model:DMC-FZ30
Original Date and Time Taken:26 March 2011
Shutter Speed:1/80 sec
Aperture:f/4
ISO Sensitivity:80
Exposure Compensation:0 EV
Metering Mode:Pattern
Flash Fired:No Flash
Focal Length:12.2 mm