SCHOEMAN Gedina Catharina 1876-1881
Addisionele inligting verskaf deur Tian Schutte:- Ek het daarin geslaag om die besonderhede op bg. se grafsteen te ontrafel. Gisteraand lees ek deur "Die Kerkblad" van 29 Mei 1963 (bladsy 13 & 14). Die artikel handel oor "Historiese persone en grafte" soos PJW Schutte en die grafte te Buffeldoorns. Oom Sarel G. Yssel *4 Julie 1882 vertel stories van die doen en late van die persone wat daar begrawe is. Op bladsy 14 vertel hy: "'n Endjie van hierdie kerkhof af lê die oorspronklike kerkhof op 'n ander deel van die plaas. Daarheen het ek gestap toe byna almal weg was en tot my verbasing afgekom op 'n graf van my vrou se vyfjarige sustertjie wat tydens kuier daar oorlede is. Genoem na haar vader Gideon Schoeman van Vaalrivier staan op haar grafsteen: Gedina Catharina Schoeman geb. 2.12.1876 oorl 17.5.1881. Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, Want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele. Matth. 19" Na verdere ondersoeke sien ek toe dat Gideon Petrus Schoeman * 13 Sep 1846 x Susanna Catharina Schutte *28.6.1850 in my databais voorkom en dat Susanna C. Schutte die oudste dogter van PJW Schutte was, vandaar die G.P. Schoeman en S.C. Schoeman inskripsie op haar grafsteen. Sy is dus 'n Schoeman en nie 'n Schutte nie.