Limpopo, MOKOPANE, Ruiterweg, Piet Potgieter Single Grave

02 May 2009 2 images
View Slideshow
Cemetery information:- Pieter Johannes (Piet) Potgieter (24 Desember 1822–6 November 1854) was 'n Voortrekkerleier. Potgieter was die tweede seun en sesde kind van Andries Hendrik Potgieter.[2] Hy is in 1852 (in opvolging van sy vader) as kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek aangestel.[3] Die dorp Potgietersrus (letterlik Potgieter se laaste rusplek) was vroeër na hom vernoem. In 1854 is veldkornet Hermanus Potgieter, broer van Andries Hendrik Potgieter en oom van kommandant-generaal Piet Potgieter aangeval en vermoor nadat 'n poging om met die Ndebele hoofman, Kgosi Mokopane (Makapan), te onderhandel skeefgeloop het. Piet Potgieter was hewig ontsteld en het met 150 man na Mokopane se kraal opgetrek om Mokopane aan te val. Sy kommando is aangevul deur Marthinus Wessel Pretorius, die Engelse William Hartley en 'n ene dr. Wey van Smithfield, Vrystaat. Mokopane en sy mense is verdryf en het in die Mokopaangrotte gaan skuiling soek. Die boere het hulle van water en kos afgesny en enigiemand wat probeer uitkom het summier geskiet. 'n Skoot uit die grotte het egter vir Potgieter getref waar hy langs Paul Kruger gestaan het, en hy is op slag dood. Potgieter is op sy plaas Middelfontein naby Nylstroom begrawe. Hy is op 30 Mei 1964 op Potgietersrus herbegrawe. Sy graf is in Ruiterweg op die munisipale gronde oorkant die poskantoor. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Piet_Potgieter Single grave. Additional information in this album provided by Johan Viktor. The GGSA Cemetery DVD only has information on the location of the cemetery Cemetery ID: 2851 No of names in album: 1 Information submitted by: Johan Viktor Google Earth Project Information:- GPSID: 3417 GPS: 24 11.010S, 29 0.638E
POTGIETER Pieter Johannes 1822-1854
POTGIETER Pieter Johannes 1822-1854
POTGIETER Pieter Johannes 1822-1854
POTGIETER Pieter Johannes 1822-1854