Mpumalanga, BELFAST district, Machadodorp, Winnaarspoort 350, farm cemetery
Cemetery information:-
INLIGTING: WINNAARSPOORT SE KERKHOF
Wat ek kan aflei, is dat die plaas aan Mare behoort het wat hom daar gevestig het met die Groot Trek. Matthias Pieter Taute en sy vrou het dit geerf. (Pieter is die seun van die Transvaalse TAUTE wat hom met die Groot Trek op Hartebeestfontein in Hendrina distrik (daardie tyd) gevestig het.
Die kerkhof moet baie oud wees. Die oudste graf, waarvan ek die datum nie meer kon lees nie, was bo-op die grond gebou. Winnaarspoort se kerkhof is in die vorm van ‘n vierkant uitgelê, omhein met draad. By die onderste, linkerkantste hoek is daar aangrensend ‘n stuk grond in ‘n driehoekvorm uitgelê, waar die slawe wat van die Kaap af saamgetrek het, en ander arbeiders van die plaas, begrawe is. Ek het net een graf met ‘n grafsteen in dié deel van die kerkhof gekry, dié van ‘n slaaf, Jan Clou. Daar word oorvertel dat dit ‘n slaaf was wat die Groot Trek meegemaak het, en wat “baie, baie oud was toe hy (in 1941) dood is”.
(Dalene Fredrikssen)
Album incomplete.
eGGSA captions by: Andries Holtzhausen
The GGSA Cemetery DVD only has information on the cemetery location.
Cemetery ID: 6478
Google Earth Cemetery Initiative Information:-
GPSID: 7749
GPS: -25 36.522, 30 12.111