Northern Cape, PRIESKA district, Rural and farm cemeteries / Northern Cape, PRIESKA district, Boegoeberg, Boegoebergdam Water Reserve 1, Stoffkraal cemetery_1 / (7 of 7 images)
Begraafplaasinligting:-
Skuins oorkant die Boegoeberg Klein Begraafplasie is daar ‘n plaashek. Gaan deur die plaashek en volg die pad tot oor die kanaal. Draai regs en ongeveer ‘n kilometer verder maak die pad ‘n draai na links. Aan die regterkant van die pad tussen die lang gras lê die Stofkraal begraafplaas.
Hierdie grafte is heel moontlik van die oudste grafte op die Buguberg Skema en kan van die familielede wees wat op die plaas Stofkraal en omgewing gewoon het. Die plaas Stofkraal het voorheen gestrek vanaf die suidekant van die Oranje rivier tot aan die Noordekant van die Oranje rivier.
Die suidelike gedeelte van die plaas is deur die regering destyds onteien / uitgekoop om die Buguberg nedersetting te vestig. Die nedersetting was deel van ‘n Arm Blanke opheffingsprojek. Die hoofdoel van die projek was om werk te skep en 350 Arm Blanke mans het die Boegoebergdam en sy kanale met die hand gebou.
Daar is nog grafte tussen die gras, maar sonder grafstene.
Dirk van Heerden
Album complete.
eGGSA captions by: Annatjie Erasmus & Wilna Eygelaar.
The GGSA Cemetery DVD only has information on the location of the cemetery
Cemetery ID: 4350
Google Earth Project Information:-
GPSID: 5161
GPS: -28 56.019, 22 08.536
OLWAGEN Cornelius Johannes 1863-1930
contributed by: Dirk van Heerden and Daniel van Heerden
viewed 229 times