Western Cape, MURRAYSBURG, Urban area / Western Cape, MURRAYSBURG, Main cemetery / T - Vanne :: Surnames - T / THERON :: BOTHA :: SUTHERLAND :: VAN HEERDEN / (8 of 9 images)
Addisionele inligting van Dirk van Heerden af verkry:
"Ek het die volgende in die Van de Merwe Stamboom , p266, opgespoor.
David Carel Theron, gebore 26 Mei 1844, op die plaas “Grootfontein“ , Murraysburg, en op 8 Julie 1844 op Graaff-Reinet gedoop. Tydens die Anglo–Boere-Oorlog het David saam met vyf ander Therons asook ‘n paar soldate op die plaas “Kruidfontein“ gesneuwel en aldaar begrawe.
Toe daar later besluit is om ‘n dam op die plaas “Kruidfontein“ te bou is die betrokke persone in die Kruidfontein begraafplaas opgegrawe en in die Murraysburg begraafplaas herbegrawe.
David Carel Theron se ouers, naamlik Christiaan Gabriel Theron en sy moeder Cecilia Aletta Maria van Heerden is ook saam met hulle in die Murraysburg begraafplaas herbegrawe.
Met die inligting kon ek toe die name vasstel op die grafstene waarop daar net voorletters en die familienaam op verskyn.
DAVID CAREL THERON
David Carel Theron is op 20 Desember 1881, met Maria Francina van der Merwe, gebore 223 Julie 1858, getroud. Sy is op 25 Julie 1858 op Murraysburg gedoop.
David was 57 jaar toe hy gesneuwel het. Hy en sy vrou het geen kinders gehad nie.
CHRISTIAAN GABRIEL THERON EN CECILIA ALETTA VAN HEERDEN
Nota :
Op die grafsteen word Cecilia Aletta Maria van Heerden se voorletters aangegee as C.A.G.
Beide die Van Heerden en die Van der Merwe Geslagregister gee haar name aan as Cecilia Aletta Maria van Heerden.
Die plaas Kruidfontein is sowat 29 km oos van Nelpoort en 44 km suid wes van Murraysburg."
Theron WA
viewed once