NEL Johannes Petrus 1749-1814

Inligting van Simon du Plooy ontvang: Onderstaande uittreksel van een van die heel eerste Familias - No 2/Bl 40 ( 44 elektronies) “Aan die voet van die majestueuse Swartbergpas 1ê daar aan Oudtshoorn se kant die mooi plaas Voorbedacht van die bejaarde oom Piet “Vaalbaard" Terblanche. Dit is een van die heel oudste plase wat in die deel van die Klein Karoo uitgegee is en is reeds deur 'n paar geslagte van die familie Terblanche bewoon, wat ongeveer 120 (nou 160) jaar gelede van Sorgfontein in die Mosselbaaise distrik daarheen verhuis het. In die ou plaaskerkhoffie van Voorbedacht staan daar in enkele grafsteen van gewone klip, wat een van die oudste is wat ek nog op ons eie platteland aangetref het. Dit dui die graf aan van een van die vroee eienaars van die plaas, Johannes Petrus Nel (De Villiers 11, bl. 454, c3, dl), wat van 26 Mei 1749 tot 1 Julie 1814 geleef het”.
contributed by: C.P. NEL Museum
viewed 266 times
NEL Johannes Petrus 1749-1814